Community galleriesGalleriesLocal newsNewsNewsNews galleries

Wenakker 50jaar jonk

Vir 50 jaar word intellektueel gestremde persone met liefde, toewyding en deernis by Wenakker versorg.

Dié residensiële sentrum het Saterdag hul 50ste bestaansjaar gevier.

Eertydse stigterslede, beheerraadslede en donateurs is op luisterryke wyse bederf met ‘n ete uit die kombuis van die sentrum. ‘n Begeleide toer deur die fasiliteite op die perseel het die ete voorafgegaan.

Dit is ‘n oogoopmaker om hierdie sentrum se fuksionering te aanskou. Hier kry 245 volwasse inwoners die nodige versorging en stimulasie, en geniet hulle die besondere aandag wat deur toegewyde personeel in ‘n veilige omgewing gelewer word.

Wenakker is gestig deur drie egpare, De Kock, Els en Le Grange, die ouers van intellektueel gestremde kinders, wat die nodigheid van so ‘n sentrum gesien het om hul kinders te stimuleer en voorsiening vir hul toekoms te verseker. Op 7 Oktober 1969 is Wenakker amptelik gestig en geaffilieer by die Suid-Afrikaanse Ferederasie vir Geestesgesondheid.

Dit is as ‘n organisasie sonder winsoogmerk geregistreer en is afhanklik van regeringsubsidies, familiebydraes, skenkings uit die gemeenskap en fondsinsamelings. Tans het die sentrum 10 huise elk met ‘n huismoeder wat na die inwoners omsien. In die verswakte afdeling word sowat 110 vowassenes onder 24-uur verpleging gehuisves. Hier word hulle sensories en kreatief gestimuleer in ‘n liefdevolle omgewing.

Daar is ook ‘n aantal intellektueel gestremde persone wat in die omgewing van die sentrum by familie woon, en by die daaglikse aktiwiteite van Wenakker inskakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button