Community galleries

IN FOTO’S: ‘n Wenresep wat smaak na sukses by Innibos 2024

Innibos 2024 was vol onvergeetlike oomblike, en ons kyk hiér terug na 'n onvergeetlike fees.

Vanjaar se Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees was weer eens ‘n reusesukses, te danke aan ‘n wenresep wat ietsie vir almal aangebied het.

Hoewel die geheime bestanddeel tot dié jaar se sukses die feesgangers was, was daar ‘n aansienlike hoeveelheid ander bestanddele wat ook daartoe bygedra het.

@lowvelder

Riaan Loubser verwelkom die gehoor by die Laevelder Boma-kuierteater! Die produksie is van topgehalte. Sien jou by vanjaar se Innibos! #feesgees #innibos2024

♬ original sound – Lowveld Media

Dit het gesorg dat vanjaar se Innibos veelsydig was.

@lowvelder

Vir die derde episode van Die kort en die lank, met Laeveld Media se Jana Schlechter en Blake Linder, loop hulle die warmste en bekendste kokke op die Innibos-feesterrein raak. Kyk saam hoe ons ’n draaitjie met Frikkie die Vlieënde Feesvark en sy nefie Frikkadelletjie stap, en sien hoe hulle vir die grootste glimlaggies sorg sover hulle gaan. Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees feesgees innibos Innibos2024

♬ original sound – Lowveld Media – Lowveld Media

Van die pretpark tot die Bosmôl, tot die kuierverhoë en die algemene stalletjies, die teaterproduksies en die musiekoptredes – die feesgangers se dors was vir seker geles.

@lowvelder

Corli Prinsloo en Leon Gropp (beide van OntbytSAKE-faam) gaan die gehoor om 12:00 op ‘n kragtoer neem met ‘n pittige vertoning van kos, komedie en kuns tydens hulle produksie, KOStelik, by Fleur de Lis by Hoërskool Nelspruit. #Innibos2024 #ontbytsake #corliprinsloo #leongropp #kostelik #artistsoftiktok

♬ original sound – Lowveld Media

Hier gee ons jou ‘n smaak van wie en wat jy alles by die fees kon vind.

@lowvelder

Die Laevelder Boma-kuierteater is tans gepak tydens Mel die Storieverteller se opvoering. #innibos

♬ original sound – Lowveld Media

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Blake Linder

Blake Linder is based in Mbombela and is a Senior Journalist at the Lowvelder. He carries with him nearly a decade's worth of experience in media. He has previously worked as News Editor, but now primarily focuses on Sport News, having previously won awards for both his sports writing and photography.
Back to top button