Maart, 11 2014
WITRIVIER – ‘n Koerantberig oor haar dreigende arres het gemaak dat Elaine Wedderspoon haarself by die landdroshof oorgegee het. Sy hoef egter nie agter tralies te sit nie aangesien die hof haar nog ‘n kans gegun het om ‘n afbetalingsooreenkoms te eerbiedig.
Wedderspoon het einde verlede jaar, na ‘n jarelange hofsaak, skuld op aanklagte van bedrog en diefstal erken.
Haar opgeskorte vonnis van sewe jaar het bepaal dat sy tronkstraf sou vryspring indien sy die geld terug wat sy van haar slagoffers (twee vorige werkgewers) gesteel het, sou terugbetaal.
Volgens die staatsaanklaer, me. Elbé Basson sal Wedderspoon aan die einde van Maart ‘n dubbele terugbetaling aan Topaz Office Solutions moet maak, en in April die laaste. Sy het reeds amper R10 000 aan die ander maatskappy, Teraoka, terugbetaal.
Maart 7, 2014
WITRIVIER – Die tralies wink vir me. Elaine Wedderspoon nadat sy Woensdag versuim het om by die hof op te daag vir haar verhoor in twee sake van diefstal en bedrog. Twee lasbriewe is vir haar arrestasie uitgereik. Volgens die staatsaanklaer in die saak, adv. Elize van Rooyen, verbeur Wedderspoon nou haar borg. Die hof sal die saak aanhoor en besluit of dit weer toegestaan sal word.
‘n Saak van bedrog, waarin beweer word dat Wedderspoon R28 000 van Topaz Office Solutions gesteel het, word al sedert Mei 2010 in die hof aangehoor. ‘n Tweede werkgewer, Teraoka, het Wedderspoon in 2012 van diefstal van
R10 000 aangekla. Sy was in die firma se diens en het na bewering versuim om die geld te gaan bank.
Nadat die hof haar aanvanklik borg geweier het, is sy verlede jaar na talle aansoeke wel borg toegestaan. Haar man, mnr. Johnny
Wedderspoon kon genoegsame bewys lewer dat hy haar by die hof sou besorg vir haar verskynings en verhoor.
Die klaer in die Topaz-saak, me. Elmarie Meiring sê sy is keelvol vir die aanhoudende uitstel van hierdie saak.
Die vorige verhoordatum was 6 Maart vanjaar en Wedderspoon kon as gevolg van persoonlike probleme nie verskyn nie. Sy moes op 8 April vir haar verhoor in die Teraoka-saak verskyn, maar het die hof ingelig dat haar motor gebreek het. Die saak is toe na 17 April uitgestel en Wedderspoon het weer versuim om op hierdie dag op te daag.
September 2013
WITRIVIER – Nadat sy ongeveer vier maande agter tralies deurgebering het, het Elaine Wedderspoon Vrydag skuldig gepleit op die aanklagte teen haar. Sy het in 2010 in ‘n typerk van drie maande geld by haar werkgewer, Topaz Office Solutions gesteel. In 2012 het sy R10 000 by Teraoka in haar sak gedruk.
Wedderspoon is in April vanjaar by Cash Convertors gearresteer nadat sy versuim het om by die hof op te daag. Borg is geweier en sy was sedertien in die tronk.
Die sake het Vrydag weer in die landdroshof voorgekom en Wedderspoon het skuldig gepleit. Volgens haar vonnis moet sy binne ses maande die geld, ‘n bedrag van ongeveer R26 000 aan die slagoffers terugbetaal. Indien sy sou versuim om dit te doen, sal die opgeskorte tronkstraf van sewe jaar in werking tree.
Vorige berigte:
OPVOLG: 29 April
Elaine Wedderspoon moet nou onbepaald agter tralies sit nadat sy Maandag in twee sake van bedrog en diefstal teen haar, borg geweier is.
Sy is verlede week gearresteer nadat sy versuim het om in twee verhore op 17 April te verskyn. Sy het na bewering van twee vorige werkgewers, Topaz Office Solutions en Teraoka, in 2010 en 2012 onderskeidelik gesteel.
Borg is in Desember 2012 aan die ma van twee toegestaan nadat sy gearresteer is vir diefstal by Teraoka en maande in die tronk moes deurbring. Volgens die hof het sy egter nou bewys dat sy nie vertrou kan word om vir hofverrigtinge op te daag nie.
OPVOLG: 26 April
Wedderspoon het gister vlugtig in Witrivier se hof verskyn, Sy sal weer Maandag verskyn en word in aanhouding gehou tot dan.
OPVOLG: 24 April
NELSPRUIT – Die vrou wat tereg staan op twee aanklagte van diefstal en bedrog is ses dae na die uitreiking van twee lasbriewe vasgestrek by Cash Converters.
Op 18 April is twee lasbriewe uitgereik nadat Elaine Wedderspoon nie opgedag het vir haar verhoor nie. Die polisie kon haar egter nie opspoor nie aangesien sy van adres verander het sonder om die hof in te lig.
‘n Lid van die publiek het haar vandag by die winkel gewaar en die polisie gekontak.
Sy is tans in aanhouding by Witrivier se polisiestasie.
Berig van 18 April
WITRIVIER – Die tralies wink vir me. Elaine Wedderspoon nadat sy Woensdag versuim het om by die hof op te daag vir haar verhoor in twee sake van diefstal en bedrog. Twee lasbriewe is uitgereik vir haar arrestasie. Volgens die staatsaanklaer in die saak, adv. Elize van Rooyen, verbeur Wedderspoon nou haar borg. Die hof sal die saak aanhoor en besluit of borg weer toegestaan sal word.
‘n Saak van bedrog, waarin beweer word dat Wedderspoon R28 000 van Topaz Office Solutions gesteel het, word al sedert Mei 2010 in die hof aangehoor. n Tweede werkgewer, Teraoka, het Wedderspoon in 2012 aangekla van diefstal van R10 000. Sy was in die firma se diens en het na bewering versuim om die geld te gaan bank.
Nadat die hof haar aanvanklik borg geweier het, is sy verlede jaar na talle aansoeke wel borg toegestaan. Haar man, mnr. Johnny Wedderspoon kon genoegsame bewys lewer dat hy haar by die hof sal besorg vir haar verskynings en verhoor.
Die klaer in die Topaz-saak, me. Elmarie Meiring sê sy is keelvol vir die aanhoudende uitstel van hierdie saak. Die vorige verhoordatum was 6 Maart vanjaar en Wedderspoon kon as gevolg van persoonlike probleme nie verskyn nie. Sy moes op 8 April verskyn vir haar verhoor in die Teraoka-saak, maar het die hof ingelig dat haar motor gebreek het. Die saak is toe uitgestel na 17 April en Wedderspoon het versuim om op hierdie dag op te daag.
Sien vroeëre berigte in die Wedderspoon-saga hier.
