
NELSPRUIT – ‘n Man wat Saterdag net na 11:00 dood langs Piet Retiefstraat aangetref is, was na bewering ‘n verdagte in die moord- en verkragtingsaak van ‘n vrou van KaBokweni.
Werkers by die Nashua-kantore in Piet Retiefstraat het Hi-Tech Sekuriteit Nelspruit omstreeks 11:00 verwittig van die man wat sonder ‘n broek langs die pad lê. Met die aankoms van Netcare911, Hi-Tech en Bossies Community Justice was hy reeds dood. ‘n Inwoner van die dorp, mnr. Hansie Noortman, het die man omstreeks 09:34 gesien, toe hy nog lewend was. Hy vertel dat die man iets geprewel het maar hy nie kon hoor wat hy sê nie. Noortman het vir hom kos gegee. Daar was geen sigbare beserigs aan die man nie, volgens Noortman.
Polisiewoorvoerder, kol. Leonard Hltahi het bevestig dat oorledene vir behandeling by Rob Ferreira Hospitaal was nadat hy suur gedrink het. Dit is onduidelik of hy uit die hospitaal ontsnap het.