CrimeNews

Vrou wat besittings verbrand nog soek

Haar spoor het glo doodgeloop by 'n rivier

NGODWANA – Die hulp van die polisie se lugvleuel is gister ingeroep om te help soek na ‘n vrou van Gauteng wat Saterdag hier vermis geraak het.
‘n Ingeligte bron het aan Laevelder vertel dat die vrou haar voertuig langs die treinspoor geparkeer en uitgeklim het.
“Mense het gesien hoe sy haar persoonlike besittings, onder andere ‘n skootrekenaar, uit die voertuig haal en aan die brand steek,” het die bron vertel.
Sy is geïdentifiseer as me. Angela Michaels (38). Daar word vermoed dat sy ook ‘n nabygeleë plantasie dalk aan die brand gesteek het. “Die voertuig waarmee sy gery het is glo by OR Tambo Internasionale Lughawe gehuur,” het die bron vertel. Die motor staan sedertdien by die plaaslike polisiestasie.
Lede van die polisie se honde-eenheid asook dié van die Off-road Rescue Unit het Sondag na haar in plantasies in die omgewing gaan soek, maar sonder sukses.
Teen druktyd gister het die polisie-helikopter ook op die toneel opgedaag om in die soektog te help.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Check Also
Close
Back to top button