NewsSchools

MK Skole Top 10 besoek Vlammieland

Skaars 'n week na hul kleurvolle revue "We like to move it", op die planke was, kon Hoërskool Bergvlam se leerlinge nie ophou om te "move it" nie.

NELSPRUIT – Skaars ‘n week na hul kleurvolle revue We like to move it, op die planke was, kon Hoërskool Bergvlam se leerlinge nie ophou om te “move it” nie. Die skool het ‘n besoek van MK Skole Top 10 ook gebruik om te wys hoekom hulle vroeër vanjaar by die interhoër Absa se geesbeker gewen het.

Die span van die gewilde televisieprogram het op 25 Julie by Vlammieland gaan inloer. Volgens Bianca Marais, ‘n gr. 12-leerling en redakteur van die skoolkoerant, Die Onderonsie, het hulle ‘n vol program beplan om die kameraspan besig te hou.

“Die geesvangspan het op die pawiljoen bymekaargekom voor hulle die teuels aan die pom-pom meisies oorhandig wat net een ding vir die kameraspan te sê gehad het: We like to move it! Die burlesque-dansers van die revue-span het ook hul passies uitgevoer.

Die senior Vlammies het met hul uitstekende akademiese prestasies gespog terwyl die ATKV-jeugtak@Bergvlam en die eisteddfod-deelnemers hul gunstelingliedjie aangekondig het. Die eerste rugbyspan het voor hul aankondiging lekker gesellig ‘n vleisie in die lapa gebraai, terwyl die gr. 11’s deur Tyron-Lee George en sy kitaar. verteenwoordig is

Almal wou ook met die dissipline van die leerlinge spog deur die Muggies (die gr. 8’s) voor te stel, wat met trots hul kreed opgesê het. Einde laaste is elke Vlammie betrek toe die hele skool bymekaar gekom het om die skoollied te sing en die gunstelingliedjie aan te kondig.

“Dit was ‘n groot eer,” het Bianca vertel. “Dit was ‘n geleentheid wat die Vlammies nooit sal vergeet nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button