News

Verwarring in media oor hofsaak

Die Kruger Lowveld Chamber of Business and Tourism (KLCBT) het tot op hede nog nie 'n nuwe datum vir hul saak teen die minister van kuns en kultuur nie.

Die sakekamer het hul na die hof gewend om te keer dat Nelspruit se naam na Mbombela verander.

Die saak sou aanvanklik op 26 Augustus in the Pretoria-hooggeregshof begin het. Mnr. Johann du Preez, KLCBT se korrespondent, het verlede week aange-kondig dat hy besig was om so spoedig moontlik ‘n nuwe verhoordatum te verkry. Die rede vir die uitstel is dat twee sake vir dieselfde dag voor dieselfde regter bespreek is, en aangesien die KLCBT s’n tweede was, is dit van die rol verwyder.

Dié verwikkeling het egter nie by sekere groot nuusnetwerke uitgekom nie, en twee radiostasies het Maandagoggend tot groot verwarring berig dat die sakekamer se hofsaak dié dag in die hooggeregshof

sou begin.

Volgens me. Linda Grimbeek van die sakekamer is hul e-pos wat die media van die uitstel in kennis gestel het, ongelukkig nie deur twee groot netwerke ontvang nie.

“As gevolg van die probleme met die skedulering by die hof, is die saak uitgestel sonder enige aanduiding van ‘n toekomstige datum,” het sy gesê.

“Ons regspan het ‘n dringende aansoek vir ‘n nuwe datum ingedien en ons sal dit aan die publiek kommunikeer sodra ons dit ontvang.

“Ons bedank graag elk van die besighede en individue wat geld vir die saak geskenk het en ons hoop dat ons binnekkort goeie nuus in die verband sal hê.”

Die KLCBT benodig ongeveer R400 000 vir die hofsaak.

Om ‘n bydrae te lewer, kan geld by die sakekamer se kantore inbetaal word of in een van die volgende bankrekeninge gedeponeer word: Standard Bank, Nelspruit-tak, LCBT, rekeningnommer 330 670 689; Eerste Nasionale Bank, takkode 270 352, Lowveld Info, rekeningnommer 531 300 392 25; of Absa, Nelspruit-tak, Lowveld Business, rekeningnommer 405 473 5407.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button