CrimeNews

“Wit teef” en lewensmaat leef in vrees

"...hierdie die nuwe Suid-Afrika is en dat wit mense nie moet dink hulle kan wegkom met alles nie.

NELSPRUIT – Die egpaar wat na bewering deur lede van die taktiese reaksie eenheid (TRT) van die SAPD aangerand is, lewe nou in vrees.

Daar is reeds drie keer by hulle huis ingebreek, maar niks is gesteel nie. “Dis vir ons net toevallig,” het die getraumatiseerde man gesê. Hulle het ook aan Laevelder genoem dat sedert hulle die voorval by die onafhanklike polisie ondersoekeenheid (Ipid) aangemeld het, het ‘n vreemde rooi BMW pal op en af in hulle straat gepatrolleer. “Ek is egter te bang om buite toe te gaan en die nommerplaat neer te skryf,” het sy genoem. Hulle glo vas dit verband hou met die insident.

'n Foto wat geneem is deur die paartjie na die aanval uit die veiligheid van hul motor.
‘n Foto wat geneem is deur die paartjie na die aanval uit die veiligheid van hul motor.

Die 46-jarige vrou is verlede week glo teen die bors met die vuis geslaan en ‘n R5-geweer is onder haar ken gedruk. Sy en haar verloofde het voor ‘n huis in Van Rooyenstraat vir ‘n eiendomsagent gewag. Hulle het ‘n BMW met vier of vyf insittendes opgemerk, maar nie werklik aandag daaraan geskenk nie. ‘n Wit Mercedes-Benz minibus sonder nommerplate met polisielede het ook opgedaag. Sonder waarskuwing is hulle omsingel en wapens op hulle gerig.

Sy erken: “Ek hét een van die manne iets toegesnou oor die manier waarop hulle ons behandel het, en toe slaan hy my teen die bors met die vuis en noem my ‘n “wit teef”.

Sy het op die grond geval. Lede van die Nelspruit SAPD, Mbombela en die Mpumalanga verkeersdepartemente het ook daar aangekom. Die slagoffer beweer dat niemand gepoog het om die lid se aggressiewe behandeling teenoor haar te keer nie. Hy het haar herhaaldelik ‘n “wit teef” genoem en sy vuurwapen onderr haar ken gedruk. Sy is deur die ervaring erg getraumatiseer.

Die Mbombela verkerssdepartement wat ook op die toneel opgedaag en niks gedoen het om die aanranding stop te sit nie.
Die Mbombela verkerssdepartement wat ook op die toneel opgedaag en niks gedoen het om die aanranding stop te sit nie.

Een van die mans het na bewering gesê dat hierdie die nuwe Suid-Afrika is en dat wit mense nie moet dink hulle kan wegkom met alles nie. “Ons weet nou nog nie wat ons verkeerd gedoen het nie!”

‘n Saak van aanranding is by die polisie aanhangig gemaak en sy gaan vir sielkundige berading om die trauma te verwerk sê sy.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button