Hard newsNewsNewsUpdate

Vrou (23) se toestand onveranderd ná val van balkon

Me. Celia Joubert, Amanda se ma, het by navraag gesê dat haar dogter se toestand nog nie regtig verander het nie

NELSPRUIT – “Praat met die polisie en praat met haar ma, want julle by die koerant wil my net opf**.” Dit was die woorde van mnr. Victor Wilkens (30) toe Laevelder hom genader het vir kommentaar oor me. Amanda Joubert (23) se toestand.

Joubert veg nou al nege dae lank om haar lewe in Mediclinic Nelspruit se intensiewe sorgeenheid nadat sy van ‘n balkon in Hillside Manor afgeval en erge breinbeserings opgedoen het. Wilkens was saam met haar ten tye van die voorval.

Laevelder het verlede jaar berig dat Joubert en Wilkens in ‘n verhouding was en dat sy ‘n aanrandingsklag teen hom aanhangig gemaak het. Dié twee het egter buite die hof geskik en die klag is laat vaar. Wilkens moes al vantevore ‘n jaar in Engeland agter tralies deurbring nadat hy wel dáár skuldig bevind is aan aanranding.

Me. Celia Joubert, Amanda se ma, het by navraag gesê dat haar dogter se toestand nog nie regtig verander het nie. “Dit bly kritiek, maar stabiel. Hulle het al die verdowing gelig, maar sy reageer nie goed daarop nie. Sy het nog nie haar oë oopgemaak nie.”

Toe die koerant Wilkens verder pols vir kommentaar, het hy gesê: “ek hoop my meisie word vinnig gesond sodat sy die storie kan vertel van wat gebeur het.” Hy het toe die foon doodgedruk.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button