Hard newsNews

Meisie sterk aan na slangpik en skerpioensteek

Monique Greyling (16) is Vrydag geopereer na ‘n abses gevorm het waar ‘n skerpioen haar na vermoede gesteek het die aand voor 'n slang haar gepik het.

NELSPRUIT – Selfs in die Laeveld waar mense uitermate naby aan wilde gediertes leef, is dit nie aldag dat een mens ‘n skerpioen en ‘n slang in haar bed aantref nie. Monique Greyling (16), ‘n graad 11-leerling van Hoërskool Bergvlam, is die week in die hospitaal opgeneem na ‘n Mosambiekse spoeg-kobra haar in die oog gespoeg en op die hand gepik het. Dit terwyl sy in haar bed in haar ouerhuis in West Acres geslaap het.

Monique Greyling in Rob Ferreira-hospitaal kort na die slang haar gespoeg en gepik het.
Monique Greyling in Rob Ferreira-hospitaal kort na die slang haar gespoeg en gepik het.

Sy sterk goed aan in Rob Ferreira-hospitaal, maar moes Vrydag ‘n klein operasie ondergaan. Die prosedure was om ‘n abses te dreineer wat onder die vel op haar been gevorm het, waar dokters vermoed ‘n skerpioen haar Maandag, ‘n dag voor die slang-aanval, gesteek het. Lees die hele storie in die volgende uitgawe van Laevelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button