
NELSPRUIT – Die 15-jarige seun wat Saterdagoggend saam met mnr. Bouwer Badenhorst (26) dood is in ‘n grusame ongeluk in Ferreirastraat, is geïdentifiseer as Laurie Nel, ‘n gr. 10-leerling van Hoërskool Bergvlam.
Laevelder het met Badenhorst en Nel se ouers gesels, asook met Stevie Pieterse (15) wat saam in Badenhorst se luukse Mercedes Benz was ten tye van die ongeluk en dit oorleef het.
Die koerant het ook ‘n onderhoud gevoer met me. Marelize Meyer, ‘n vrou wat die ongeluk gesien gebeur het. Haar seun, Dylan, is ‘n vriend van Laurie en Stevie en sy was op die punt om die drie seuns huis toe te vat. Sy kon haar seun betyds keer toe hy ook in die voertuig wou klim, maar Laurie en Stevie was reeds weg saam met Badenhorst op ‘n toetsrit toe die tragedie hom voor haar oë afgespeel het.
Lees die volledige storie in more se uitgawe van Laevelder.
• Vir die aanvanklike berig, kliek hier
