Hard newsNewsNews

Seuntjie (5) verdrink in swembad

'n Jong kind het tragies verdrink in die swembad by sy ouerhuis

NELSPRUIT – ‘n Vyfjarige seuntjie het op 19 Januarie by sy ouerhuis verdrink.

Hoewel die ouers paramedici versoek het om geen besonderhede aan die media bekend te maak nie, het Laevelder by ‘n ander betroubare bron verneem dat die seuntjie Keagan Smith was.

Kapt. Dawie Pretorius, Nelspruit polisiewoordvoerder, kon dit teen druktyd nie bevestig nie, omdat hy nie toegang tot die dossier gehad het nie. Die seuntjie is die middag in die swembad in die agterplaas gevind.

Volgens navorsing wat in die Vereenigde State gedoen is, is verdrinkings die tweede grootste oorsaak van onopsetlike dood vir kinders jonger as 14 jaar.

Kinders tussen een en vier is die mees waarskynlikste om in residensiële swembaddens te verdrink. Arrive Alive wys daarop dat selfs dié wat weet hoe om te swem, water-verwante ongelukke kan hê.

Volgens die organisasie, is die beste manier om verdrinkings te voorkom, deur effektiewe opleiding en opvoeding.

“Leer hulle hoe om veilig te swem. Laat kinders lesse neem wanneer jy voel hulle is gereed. Leer hulle hoe om water te trap en te dryf of veilig te kan bly in verskillende plekke met water.

“Leer kinders ook om altyd saam met ‘n maat te swem. Leer hulle ook van die begin af om nie in of naby water te gaan sonder dat ‘n volwassene teenwoordig is nie.”

Die organisasie bied die volgende wenke oor veiligheid naby ‘n swembad

• Wees so bedag as moontlik wanneer kinders naby ‘n swembad is.

• Bied ouertoesig aan, selfs vir sterk swemmers.

• Dring aan op dryfbaadjies vir kinders wat nie kan swem nie.

• Adviseer kinders oor veiligheid in en om die swembad.

• Moenie toelaat dat enigiemand om die swembad hardloop nie.

• Leer kinders hoe om te swem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button