Hard newsLocal newsNewsNews

Kind deur taxi getref

Die kind wat vanoggend deur ‘n taxi raakgery is, is buite gevaar en word tans by die hospitaal vir ‘n paar snywonde behandel.

LYDENBURG – Die kind wat vanoggend deur ‘n taxi raakgery is, is buite gevaar en word tans by die hospitaal vir ‘n paar snywonde behandel. Volgens me. Natashia Robbertse, wat die toneel uit haar truspieëltjie waargeneem het, het sy gesien hoe die taxi die kind tref. “Die kind het oor die pad gehuppel en die volgende oomblik het hy op die grond bly lê. Ek vermoed die taxi het tussen 80 en 100 km/h gery.”

Die verkeer is onmiddellik tot stilstand gebring en die polisie en ambulans is ontbied. “Ons het na die kind gehardloop waar hy probeer het om op te staan, maar hom aangemoedig om eerder te bly lê. Die taxidrywer het na die kind toe teruggery en dadelik begin verduidelik wat hy gesien gebeur het. Ek het besluit om na die verkeersafdeling te ry sodat die nodige maatreëls getref kon word en verkeer weer rustiger kon vloei.” Volgens Robbertse was die verkeersafdeling vinnig op die toneel, maar was die verkeer steeds vir ‘n wyle opgehoop. “Ek het my kinders by die skool gaan aflaai en toe ek terugkom was die kind reeds in die ambulans.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button