
LYDENBURG -Mnr. Albert Wessels (45) het etlike minute voor sy dood nog vir sy vriend vertel dat hy nie so iets sal doen nie. “Ek het vir Albert vertel dat ek self al telkemaal wou selfmoord pleeg, maar dat daar in die Bybel staan dat jy nie hemel toe sal gaan as jy dit sou doen nie. Hy het nog vir my gesê dat hy dit ook nie sal doen nie”, vertel die erg geskokte vriend van Wessels wat die oggend saam met hom spandeer het.
“Na ons gesprek het hy vir my gesê hy wil net ‘n rukkie langs die rivier gaan sit waar dit rustig is en ek het in die tent gaan lê.” Inwoners van die karavaanpark, waar Wessels gekuier tydens die voorval gekuier het, het onraad begin vermoed toe hulle hom vir ‘n lang ruk nie gewaar het nie. “My vriendin het my kom wakkermaak en gesê ek moet dadelik gaan kyk.
Toe ek daar kom was Albert reeds bewegingloos.
Lees die volle berig hier op Steelburger News.

