NELSPRUIT – Victor Wilkens het vandag weer vlugtig in die plaaslike distrikshof verskyn op ‘n klag van poging tot moord.
Die saak is uitgestel tot 25 Februarie vir ‘n formele borgaansoek. Wilkens (30) sal in aanhouding bly tot dan. Hy word aangekla nadat me. Amanda Joubert (23) op 16 Januarie van sy woonstel se balkon afgeval het. Sy word nog steeds in Mediclinic Nelspruit se intensiewe sorgeenheid behandel en word more weer geopereer.
Lees die volledige storie in die volgende uitgawe van Laevelder.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
