CrimeHard newsNewsNewsUpdate

Amanda Joubert het breinvliesontsteking

Sy verduur nog heelwat pyn en haar nek is ook nou weens die ontsteking baie styf

NELSPRUIT – Mnr. Victor Wilkens (30) sal in aanhouding bly tot sy formele-borgaansoek op 25 Februarie aangehoor word. Hy het Woensdag vlugtig in die plaaslike distrikshof op ‘n klag van poging tot moord verskyn, nadat me. Amanda Joubert (23) op 16 Januarie van sy woonstel se balkon in Hillside Manor afgeval het.

Joubert het gister (Donderdag) ‘n operasie ondergaan om die bloeding op haar brein te dreineer. Intussen moet sy boonop breinvliesontsteking beveg. “Sy verduur nog heelwat pyn en haar nek is ook nou weens die ontsteking baie styf. Sy kan darem al vir kort rukkies in ‘n stoel sit, is wakker en herken almal,” het haar ma, me. Celia Joubert, aan Laevelder gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button