NELSPRUIT – Die man wat daarvan aangekla word dat hy sy nege-jarige dogter verkrag het, verskyn volgende maand weer in die hof.
Die man is in April in Witrivier in hegtenis geneem. Hy staan tereg op twee klagtes van verkragting teen sy kind.
Hy het gister weer in die Streekshof in Nelspruit verskyn. Hy het die hof gevra om die saak uit te stel sodat hy tyd kon hê om ‘n Afrikaanssprekende prokureur aan te stel. Dit is deur die landros toegestaan.
Die man is nog in aanhouding. Die saak kom weer op 3 Maart in die hof voor.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
