CrimeNewsNews

Korporaal glo in hegtenis oor kaart

Die verdagte is in hegtenis geneem nadat hy 'n transaksie van meer as R10 000 gedoen het met 'n kaart wat glo nie aan hom behoort nie.

NELSPRUIT – ‘n Man is vroeër vanmiddag hier in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n transaksie van oor die R10 000 gedoen het met ‘n kaart wat nie aan hom behoort nie.

Die man is na wat verneem word ‘n korporaal in die weermag. Sy identiteit kan nie bekend gemaak word totdat hy op klagtes in die hof verskyn het nie.

Die man het gister glo al probeer om by ‘n besigheid in die dorp ‘n transaksie se beklink met ‘n kaart wat dieselfde nommer gehad het as die kaart wat maar net ‘n halfuur tevore in die winkel gebruik is.

Bossies Community Justice, die teen-bedrog eenheid van ‘n bank en polisie was op die toneel.

Lees meer oor die voorval in die volgende uitgawe van Nelspruit Post.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button