Hard newsLocal newsNewsNews

Twee skooldogters word glo by skool gemolesteer

LYDENBURG – Twee dogters van Estralita Skool vir gestremde kinders is onlangs glo seksueel deur ‘n 15-jarige medeleerling gemolesteer. Die ontstelde ouers van die meisies het aan die koerant vertel dat hulle pas klaar geswem het en in ‘n klaskamer aangetrek het voor die voorval plaasgevind het. “Van die ergste verstandelike gestremde kinders het buite …

LYDENBURG – Twee dogters van Estralita Skool vir gestremde kinders is onlangs glo seksueel deur ‘n 15-jarige medeleerling gemolesteer.

Die ontstelde ouers van die meisies het aan die koerant vertel dat hulle pas klaar geswem het en in ‘n klaskamer aangetrek het voor die voorval plaasgevind het. “Van die ergste verstandelike gestremde kinders het buite gesit. Die seun was deel van die groep.”

Die twee kinders het glo na die badkamer gegaan. “Die seun moes hulle dopgehou het. Hy het binnegegaan, die deur afgeskop, die kinders vasgedruk en hulle begin betas.”

Een van die twee meisies het erge krapmerke opgedoen. Die ander een se klere is glo oopgeruk waarna die seun haar glo onsedelik betas het. Die onderwysers het ondersoek gaan instel toe hulle die gille gehoor het.

Die ma van een van die dogters vertel dat daar nie genoegsame toesig is nie. “Dit het ons omtrent ‘n uur geneem om die kinders te kalmeer. Die skool het my gebel en vir my gesê dat ‘n vreeslike ding gebeur het en dat my kind seksueel aangerand is. Ek was byna van my kop af. Seksuele aanranding is ‘n wye beskrywing. Ek het nie geweet presies wat aan my dogter gedoen is nie.”

Die ouers het ‘n klag by die polisie ingedien. “Hulle gaan egter die saak moet verwys aangesien dit ‘n verstandelik-gestremde kind is. Mense moet egter bewus wees van wat by dié skool aangaan. My kinders het net ‘n agterstand ten opsigte van skoolwerk. Hulle kan as gevolg hiervan nie inpas by ‘n hoofstroom-skool nie en daarom is hulle in Estralita.”

Om verder die kroon te span, het die hoof glo een van die ma’s as ‘n rassis uitgekryt. “Ek het net vir my kind gevra of dit ‘n swart of wit seun was. Sy het dadelik na my gedraai en vir my gesê dat ek ‘n rassis is. My kinders sal nie weer na die skool teruggaan nie.”

Mnr. Reuben Mpangane, streeksbestuurder het die voorval bevestig. “Ek het ‘n verslag rondom die saak ontvang. Ek versoek die ouers van die meisies om met my in verbinding te tree sodat ons bystand kan verleen. Slegs dan kan verdere ondersoek na die gebeure gedoen word.”

Die ouers dat die twee kinders sielkundige behandeling ontvang.

Die hoof van die skool, me. Nomsa Nkosi het geweier om met die koerant oor die voorval te praat. Sy het gesê dat sy geen kommentaar gaan lewer nie en ook geweier om te bevestig dat sy van die voorval bewus was.

Ouers het teen druktyd gaan bevestig dat hulle met Mpangane in verbinding getree het en dat die voorval ondersoek gaan word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button