Hard newsNewsNewsUpdate

Vals renoster-redders erger as stropers

Daar is nog geen lys wat die publiek kan raadpleeg om seker te maak dat die geld wat hulle vir renosterbewaring skenk wel daarvoor aangewend word nie.

NELSPRUIT – Hulle skud nog blik, hou pretlope en verkoop sleutelhouers en ‘n besorgde publiek gee mildelik aan talle liefdadigheidsorganisasies wat geld vir renosterbewaring insamel. Maar, ten spyte van pogings deur die regering om hierdie geldinsamelingspogings te reguleer, is daar huidiglik steeds geen rekord of wyse om te bepaal hoeveel geld jaarliks vir renosters ingesamel word nie, ook nie hoe hierdie fondse aangewend word nie.

Diegene wat valslik aanvoer dat hulle jou geld aanwend om dié diere te beskerm is amper erger as die stropers, meen mnr. Louis Lemmer, woorvoerder van die SANParke Ereveldwagters se nasionale kommitee.

Radio Sonder Grense (RSG) se Suzaan Paxton het hierdie week melding van ‘n plaaslike groep,Rhinobuddies NPC, gemaak wat sedert 2012 geld vir renosterbewaring, insamel. Laevelder het ook in Oktober 2013 oor die organisasie berig. ‘n Binnegeveg tussen direkteure, met een wat R25 000 vir uitgawes wat hy na bewering namens die organisasie gedoen het, geëis het, het op daardie stadium ‘n demper op die werksaamhede van die groep geplaas.

Direkteur en een van die stigterslede, mnr. PG Joubert kon sedert Oktober nog nie aan die koerant se versoek om finansiële state te voorsien, voldoen nie. In Oktober was die boekhouer, me. Magdaleen Swanepoel, volgens hom met die boeke besig, en in November was sy uitstedig.

Hierdie week was ook te kort kennisgewing om die inligiting te verskaf, het Joubert in ‘n e-pos boodskap laat weet. Buiten die state, wat ‘n aanduiding sal gee van die bedrag wat reeds uit die publiek verkry is, en ook hoe dit aangewend is, het Joubert in Oktober bevestig dat daar ‘n volledige faktuur bestaan wat aandui hoe ‘n skenking van byna R70 000 van Metropolitan Life aangewend is tydens die Run 4Rhino veldtog, wat hulle saam met die Mpumalanga Toerisme en Parkeraad (MTPA) aangepak het. Hierdie faktuur is ook steeds uitstaande, maar Laevelder het wel ‘n faktuurten gunste van Renier’s Catering vir R2 000 ontvang.

Paxton sê sy het in haar insetsel op radio verwys na Rhinobuddies as ‘n organisasie wat by die Departement van Omgewingsake sowel as die van Maatskaplike Ontwikkeling geregistreer is, maar, beklemtoon sy, mét die boodskap aan die publiek dat bewys van registrasie nie noodwendig beteken dat die geld daadwerklik vir bewaring van renosters aangebied word nie.

Joubert het Woensdagaand laat weet dat die state op afspraak besigtig kan word by Cronje De Waal-Skhosana ingelyf.

Dit word ook deur Lemmer beaam, wat die publiek aanraai om eerder aan gevestigde organisasies soos World Wildlife Fund (WWF), Wessa (Wildlife and Environment Society of South Africa) en die Ereveldwagters te skenk. “Ons het nie oorhoofse kostes nie want ons is almal vrywillgers, so elke rand wat die publiek skenk word net so in die veld neergesit waar SANParke dit vir bewaring gebruik,” het hy verduidelik. Volgens hom is die lys van geregistreerde organisasies wat fondse vir renosters insamel nog nie gefinaliseer nie. Dit is ook deur die woordvoerder van die departement, mnr. Alby Modise, bevestig.

Rhinobuddies het aanvanklik ‘n windverdeling van 60 /40 met hul fondsinsamelaar, mnr. Guy Briggs voorgestel. In hierdie model, as Briggs byvoorbeeld R120 insamel en R20 eie onkoste daarvoor moes aangaan, sou die insamelaar R40 kry, en Rhinobuddies R60. Ongeveer R36 hiervan sal aan renosterbewaring gaan. Dit blyk uit gesprekke met Joubert dat fondse vir die bou van ‘n balistiese tenktoestel sou gebruik word. In sy terugvoer aan Laevelder het Joubert aangedui dat die winsverdeling nou egter 28% vir Briggs en R72 vir Rhinobuddies sal wees.

• In 2013 het Laevelder by drie ander organisasies wat by bewaringprojeskte van rensoters betrokke is gaan aanklop om insae in hulle finansiële state. Wessa Lowveld, SANWild, en Care for Wild Africa was onmiddelik bereid en toegemoetkomend.

https://youtu.be/qUcY3-9Viag

Waar Wessa meerendeels op inligitng om die kriminele sy van die stropingsbedryf die hoof te bied, fokus, is die laasgenoemdes geskep om as hawes vir bedreigde en wees-renosters afsonderlik op te tree. Navrae: Mnr. Louis Lemmer by 012-567-5580012-567-5580 of louis.lemmer@telkomsa.net

Indien jy graag ‘n skenking aan renosterbewaring of verwante organisasies wil maak, oorweeg gerus die volgende:

• Wessa Lowveld – fondse word onder andere vir die aanskaf van toerusting wat nodig is om stropery teen te werk, aangewend. Navrae: 083-630-1782083-630-1782 of lowveldchair@wessa.co.za

• Care for Wild Africa – hierdie is ‘n sentrum wat onder andere renosterwesies wat se ouers gestroop is, inneem. Navrae: 082-825-8735082-825-8735 of petronel@careforwild.co.za

Call
Send SMS
Add to Skype
You’ll need Skype CreditFree via Skype
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button