Polisie sloer, man verdrink
BADFONTEIN – Die 46-jarige Amos Matsheka se liggaam is Vrydag deur verskeie reddingspanne van Witrivier na die oppervlak gehys. Die voorval het op ‘n plaas in Badfontein plaasgevind, nadat Matsheka vermoedelik in ‘n donga geval en verdrink het. Groot ongelukkigheid heers egter oor hoe Lydenburg se polisie die saak hanteer het, nadat beamptes 24 uur …

BADFONTEIN – Die 46-jarige Amos Matsheka se liggaam is Vrydag deur verskeie reddingspanne van Witrivier na die oppervlak gehys. Die voorval het op ‘n plaas in Badfontein plaasgevind, nadat Matsheka vermoedelik in ‘n donga geval en verdrink het. Groot ongelukkigheid heers egter oor hoe Lydenburg se polisie die saak hanteer het, nadat beamptes 24 uur nadat hul in kennis gestel is, eers op die toneel opgedaag het. Teen dié tyd is die lyk al verwyder. Gemeenskapslede betwyfel die oorsaak van Matsheka se dood en vermoed dat daar sprake van ‘n moord kan wees. Die kommunikasiewoordvoerder sowel as die stasiebevelvoerder wou egter geen kommentaar hierop lewer nie. Sover kennis strek, is geen verklaring deur die polisie van Lydenburg afgeneem nie. Lees meer hieroor in Vrydag se uitgawe.
