
LYDENBURG – Kinders is Dinsdag opnuut daaraan herinner om nie op vreemde voertuie wat by hulle stilhou, te reageer nie.
Dit volg nadat ‘n verdagte silwer Uno met ‘n Vrystaatse nommerplaat (FS) in Lydenburg opgemerk is.
Waarskuwings deur die K9-eenheid is aan laerskole uitgereik is nadat die dorp gepatrolleer is. “Ons het niks opgemerk nie, maar wou tog die leerlinge waarsku,” sê mnr. Andries Bezuidenhout van die honde-eenheid in Badfontein.
Bezuidenhout, sowel as Laerskool Lydenburg het gerugte ontken dat ‘n gr. 5-leerling van dié skool Dinsdag ontvoer is. “Daar is slegs ‘n waarskuwing uitgereik om voorvalle soos dié te verhoed,” het beide partye gesê.
