Hard newsNewsNewsUpdate

Vrou ontdek huisslang in haar handsak

Die bruin huisslang het die vrou twee keer gepik toe sy haar hand in haar handsak, sy wegkruipplek, steek.

‘n Vrou van Nelspruit is Vrydag twee keer deur ‘n slang, wat in haar handsak geskuil het, aan die hand gebyt.

Me. Riana Visagie het aanvanklik gedink dat hierdie eienaardigheid iets met die ritssluier te doen gehad het.

Visagie was onderweg werk toe, toe sy haar selfoon uit haar handsak wou haal. Sy het ‘n prik gevoel en haar vinger het begin bloei en verskriklik gebrand.

Sy het vertel dat sy later daardie dag by die dokterspreekkamers waar sy werk, kleingeld uit die sak wou haal, en weer ‘n skerp prik gevoel het. Dit was toe dat sy besef het dat iets anders aan die gang was. Visagie het haar handsak oopgemaak en met ‘n skok gevind dat ‘n bruin huisslang homself daarin tuisgemaak het.

Die reptiel het waarskynlik bedreig gevoel en haar toe gebyt.

Sy het onmiddellik om hulp geroep. Toevallig was Monique, eggenoot van mnr. Chris Hobkirk, ‘n slangkenner in die Mpumalanga Toerisme en Parkeraad, se wagkamer.

Hobkirk het ‘n besemstok gegryp en die sak aan sy handvatsels opgetel en na buite gegooi. Tot haar spyt het een van die tuinwerkers die slang gesien en hom vermorsel. Sien meer slang-stories hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button