Talle mense het Maandag skade gely toe ‘n storm die stad getref het. Dakke, bome en selfs padtekens is om- of afgewaai.
Mense in die 44 on Mostert-gebou het groot geskrik toe van die sinkplate afgewaai is en bo-op ‘n ander gebou geland het. Die padteken wat Fereirastraat aandui, is ook beskadig. Die Wimpy se seil-afdak is ook daarmee heen en die ysterstutte is gebuig, wat nou veroorsaak dat die restaurant vir eers sy dienste moes staak.
Volgens Nelspruit Rampbestuur (NRB) was die storm as gevolg van die fel hitte wat die sterk wind veroorsaak het.
“Dit het teen 75km per uur gewaai. Ons was gelukkig omdat die wind gekeer het dat die storm nie in ‘n sikloniese vorm verander het nie. Dit is ook hoekom dit slegs in sekere dele van die stad gehael het,” het ‘n kenner by die NRB gesê.
Volgens weervoorspellings is daar tot Vrydag steeds ‘n 30% kans vir reën. Vloedwaarskuwings is ook vir die hele Mpumalanga uitgereik.
Sien meer foto’s van die skade.
