Hard newsNewsNews

Skok-onthulling deur Innibos

Feesgangers kan nou uitsien na ‘n unieke geleentheid om meer oor die Sjinese kultuur te leer in Emalahleni.

Hierdie jaar is alles moontlik by Innibos, ‘n tema wat aan Laevelders ‘n hele paar verrassings gaan besorg. Dit is, heel onverwags, ook ‘n voorspooksel vir die gedaantewisseling wat die fees nou ondergaan.
Na lang samesprekings en hewige debatte is daar besluit om ‘n Sjinese konsortium, Ekojatsuj, se reuse-koopaanbod te aanvaar. Die konsortium het bepaal dat dit meer winsgewend sal wees om die fees nader aan Gauteng te hou. Emalahleni is as die ideale keuse voorgehou omdat dit op ‘n hoofroete geleë is en dus baie meer toeganklik vir die meeste Suid-Afrikaners is.
Die plaaslike regering is ook tevrede met dié skuif, aangesien hulle reken dat Nelspruit nie alleen ekonomiese voordeel uit die welbekende fees kan trek nie en dit ook elders in Mpumalanga aangebied kan word.
Nou besef plaaslike besighede met ‘n skok dat hulle nie meer vorentoe by Innibos se aansienlike finansiële inspuiting gaan baat nie.
Alhoewel die feeskomitee die hervestiging aanvaar het, is hulle steeds in rep en roer oor die erns en hoeveelheid van die logistieke veranderings wat met so ‘n skuif gepaard gaan. Die kommunikasie tussen die kopers en organiseerders word egter bemoeilik en daarom moet organiseerders nou vir talle taalkursusse inskryf.
Feesgangers kan egter na ‘n unieke geleentheid uitsien om meer oor die Sjinese kultuur te leer. Innibos 2014 sal hope vermaak deur Sjinese kunstenaars bied en die terrein sal van hoek tot kant met stalletjies wat hoë kwaliteit Sjinese produkte teen uitstekende pryse sal bied, gepak wees.
Innibos se organiseerders bedank alle Laevelders vir hul lojale ondersteuning oor die afgelope 10 jaar in Nelspruit, en hoop die feit dat alles Innibos moontlik is, die ekstra reiskostes die moeite werd sal maak.

Sien Lubbe en Jacobs se emosionele reaksie op die nuus hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button