Hard newsLocal newsMunicipalNewsNews

Hoofstroom onderwys in Suid-Afrika, hoe staan sake?

Hoofstroom-onderwys in Suid-Afrika neig na ‘n sisteem waar die kind nie meer behoorlik as individu kan funksioneer nie.

MALALANE – Hoofstroom-onderwys in Suid-Afrika neig na ‘n sisteem waar die kind nie meer behoorlik as individu kan funksioneer nie.

“Daar word van leerlinge verwag om akademies teen dieselfde pas te vorder. Dié wat minder gevorderd is, kan nie byhou nie en uitstaande leerlinge word egter teruggehou. Kinders se individuele struikelblokke kan ook weens groot getalle nie aangespreek word nie,” sê mnr. Theunis Pretorius, ‘n betrokke onderwyser by Malalane Leerder Akademie en oud-hoof van Beacon College.

Pretorius vertel ons meer van hoofstroom-onderwys en hoe dit kinders beïnvloed. “Ek was tot in Oktober die hoof van ‘n skool wat goed presteer het en wat ook n’ 100 persent gr. 12-slaagsyfer in Desember daardie jaar behaal het.

Daar is baie min hoofstroomskole wat dié prestasie behaal. Hierdie syfers is egter misleidend. Nie al die leerlinge wat vir gr. 10 inskryf, lê drie jaar later gr. 12-eksamens af nie. ‘n Matriekslaagsyfer behoort dié leerlinge in ag te neem,” sê Pretorius.

Volgens die Beeld-uitgawe van Vrydag 10 Januarie het 47 persent van die kinders wat in 2013 matriek moes skryf (sowat 500 000), na gr. 10 verdwyn.”

Pretorius sê, “Daar is kinders met buitengewone talente in hoofstroomskole wat nooit na vore kom nie. Hierdie leerders raak geweldig frustreerd en verveeld. Potensiaal is nie genoeg nie en slegs ontwikkeling met goeie stimulering sal hulle bevorder.”

Volgens hom het kinders met disleksie, outisme en ADHD ook areas waarin hulle sterk en swak is. Hierdie kinders hoor daagliks dat daar min van hulle verwag word, wat dan ‘n impak op hul prestasie het.

Te min aanmoediging en in ander gevalle, ongegronde prysing veroorsaak dat kinders in groewe verval waarin hulle maar net saamsleep en nooit hul potensiaal bereik nie.

Onderwysers kan onwetend die boodskappe aan kinders kommunikeer.

So ‘n kind ly maklik aan ‘n identiteitskrisis, maar het gewoonlik ongelooflike vermoëns. Leerders beleef dan ook spanning en vrees in hul klasse. Begaafde leerlinge presteer swakker wanneer hulle nie gestimuleer word deur nuwe uitdagende werk nie.

“Dit gebeur gewoonlik wanneer hulle in ‘n klas tussen leerlinge is waar hulle teen die selfde tempo as die ander moet leer. Ander talente word ook selde ontdek. Duidelike voorwaardes waarin passie kan groei, moet geskep word.

Die betrokkenheid van ouers is ook van die hoogste belang. Word u kind geboelie deur negatiewe kritiek en omstandighede? Ons moet moeite doen en persoonlike aandag aan leerders gee as ons hul potensiaal wil raak sien,” verduidelik Pretorius.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button