NELSPRUIT – Die leierskap van Laerskool Witrivier het onlangs aan mnr. Jacques Meiring, operasionele bestuurder van Bossies Community Justice ‘n kaartjie oorhanding om hom vir sy bydrae te bedank.
“Laerskool Witrivier will graag van die geleentheid gebruik maak om u onderneming te bedank vir die bydrae wat u maak om die gemeenskap van die Laeveld veilig te hou. U werkers plaas hul lewens op die spel ter wille van die veiligheid van die mense in ons gemeenskap. Ons dra u en u werkers in gebed op aan God,” lees die toespraak van die skool se leierskap.
Meiring het die skool vir hul gebaar bedank. Om self ‘n bydrae te lewer, kontak hom op 082-567-5212.
