CrimeNews

Gesteelde gras

Ek is 'n inwoner van die Yaverland-plotte net buite Witrivier en was onlangs baie ontsteld toe iemand een van my pragtige, duur plante gesteel het.

Me. Annetjie Botha skryf:

Ek is ‘n inwoner van die Yaverland-plotte net buite Witrivier en was onlangs baie ontsteld toe iemand een van my pragtige, duur plante gesteel het.

Pennisetum setaceum, ‘n grassoort ook bekend as fireworks, trek met hul pers-rooi-kleure heelwat aandag. Dit is redelik duur, teen R80 ‘n pol en ook relatief skaars aangesien dit net by een of twee plekke in die omgewing beskikbaar is.

Verskeie mense het al daarvoor gevra en ek het hulle na kwekerye verwys. Ek neem aan dat die persone wat my plant geneem het, dit graag wou hê en dit sommer gevat het. Dit skok my dat mense nie meer waardes soos respek vir ander se eiendom het nie.

Die boewe het die plant reg langs my hek uitgegrawe en net die gat waarin dit was gelos.

Mense wat gehoor het van die diefstal, het ook vertel dat daar by hulle ook plante gesteel is.

Vra eerder voordat jy dit vat. Dit het harde werk gevat om dit so mooi op te pas. Vra die persoon waar hulle dit gekry het en gaan koop eerder self ene.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button