CrimeNews

Voertuigdief word betrap deur sekuriteitswag

Danksy die waaksaamheid van 'n sekuriteitswag en met die hulp van 'n lid van die publiek is 'n boosdoener gekeer voor hy 'n voertuig kon steel.

Die vinnige reaksie van ‘n sekuriteitswag en ‘n lid van die publiek het gesorg dat ‘n vermeende voertuigdief verlede week op heterdaad betrap is.

Volgens Phoenix Flying Squad, die maatskappy waarvoor die wag werk, is die verdagte Dinsdag rondom 13:30 deur ‘n maroen Polo Playa in die middestad afgelaai.

Hy het toe ‘n Mercedes-Benz wat daar naby parkeer is se venster met ‘n vonkprop probeer uitslaan. Die wag het dit opgemerk en op die voertuig en verdagte afgestorm. Die bestuurder van die Polo het weggejaag en die verdagte het te voet gevlug.

‘n Lid van die publiek het besef wat aangaan en saam met die wag die man agterna gesit. Hy is naby Shoprite vasgetrek en deur die wag gearresteer.

Daar is sleutels en ‘n hek-afstandbeheer in sy besit gevind en hy is aan Nelspruit SAPS oorhandig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button