CrimeNews

Vyf vas oor bankkaarte

Volgens Hi-Tech werk die verdagtes vir 'n kontant-uitlener.

NELSPRUIT – Verskeie verdagtes is Vrydag by die Crossing Winkelsentrum vir die onregmatige besit van bankkaarte in hegtenis geneem.

Volgens mnr. Nico Grobler van Hi-Tech Sekuriteit Nelspruit het een van die offisiere vroeg die oggend opgemerk dat vyf mense uit dieselfde voertuig klim en elkeen ‘n ander outomatiese tellermasjien besoek. Hy het onraad vermoed. Volgens Grobler het die mans verduidelik dat hulle vir ‘n kontant-uitlener werk.

“Wat die ouens doen is hulle vat mense wat by hulle geld leen se bankkaarte en ID’s en gaan trek dan self geld aan die einde van die maand. Dit is teen die wet. Hulle moet eerder saam met die mense wat by hulle geld leen bank toe gaan om die kontant te kry.”

Die manne is na die polisieselle afgevoer en ‘n saak word ondersoek. Grobler kon nie aandui presies hoeveel kontant die verdagtes by hulle gehad het nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button