MBOMBELA – Mnr. Greg (61) en Agnes (60) Duffey, eienaars van Duffey Motoronderdele oorkant Penryn College, is gisteraand deur drie mans oorval, beroof en wreed aangerand.
Die voorval het omstreeks 19:00 gebeur. Hulle is onder meer met ‘n strykyster gebrand en hulle seun, Allan (33) se sleutelbeen is gebreek.
Die boosdoeners het met onder meer ‘n dubbelkajuit Isuzu-bakkie, R80 000 kontant en ‘n selfoon gevlug. Teen druktyd was speurders en lede van verskeie sekuriteitsmaatskappye weer besig om die toneel te fynkam vir moontlike leidrade. Die volledige storie sal later aanlyn beskikbaar wees.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
