CrimeLocal newsNewsNews

Strikke veroorsaak nog lyding

In Maart is 'n Kudukoei deur munisipale wildbewaarders met 'n sny om haar nek gevind.

MARLOTHPARK – In Maart is ‘n Kudukoei deur munisipale wildbewaarders met ‘n sny om haar nek gevind. Daar is beweer dat ‘n strik vir haar besering verantwoordelik kon wees.

Die sny was baie diep en dit het die koei se vermoë om te eet, beïnvloed. Hulle het die besluit geneem om ‘n veearts te ontbied, maar as gevolg van uitstaande gelde wat die munisipaliteit skuld, was hy nie bereid om te help nie.

Daar was opskudding in die gemeenskap en dit het hulle nie lank geneem om te besluit om self die veearts vir sy dienste te betaal nie.

‘n Maand nadat die Kudu gevind is, is sy uiteindelik gehelp. Nou, omtrent ‘n maand later het ‘n lid van die gemeenskap, Lorinda Steenkamp, die kudukoei op kamera vasgevang. Volgens Steenkamp het sy ‘n gesonde kalfie by haar gehad en die sny lyk weereens gesond.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button