CrimeHard newsNewsNews

Man van Centurion staan tereg op ‘n klag van roof

‘n Man van Centurion word tans in die Mbombela polisiestasie aangehou hangende die beslissing in sy borgaansoek.

MBOMBELA – ‘n Man van Centurion word tans in die Mbombela polisiestasie aangehou hangende die beslissing in sy borgaansoek.

Hy staan tereg op ‘n klag van roof nadat ‘n facebook-veldtog, geloods deur Bossie’s Community Justice, tot sy arres gelei het.

Die man wat, onder die wanvoorstelling dat hy vir mense saamrygeleenthede aanbied, ‘n aantal mense beroof het, se borgaansoek is vanoggend in die Mbombela Distrikshof uitgestel hangende die bevestiging van sy woonadres.

Bossies Community Justice het die man op Sondag, 7 September aangekeer en hy is gearresteer en sedertdien in aanhouding.

Die aangehoudene se borgaansoek sal volgende Maandag aangehoor word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button