EntertainmentGalleriesLifestyleLocal newsNewsNewsSchoolsSchools galleries
Laeveld druk al die regte knoppe
Kaartjies was uitverkoop vir Laerskool Laeveld se vyfjaarlikse skoolkonsert wat verlede week plaas gevind het.
Bejaardes van Nelspruit en Witrivier was Donderdagoggend bederf met ‘n uitstappie na Laerskool Laeveld se vyf-jaarlikse skoolkonsert. Die konsert het in die skoolsaal plaasgevind.
Elke leerder in die skool neem deel aan die konsert. Dié jaar se tema was ‘druk ‘n knop en hop’ (‘channel hopping’) en elke graad moes ‘n TV-kanaal, soos Animal Planet en M-Net Movie Channel, voorstel. ‘n Spesiale vertoning is vir bejaardes gehou waar hulle ook vroeër die aand met verversings bederf is. Leerders van DASHA en ESTIN Akademie is ook genooi en verras met ‘n pakkie eetgoed.
Daar was in totaal sewe vertonings en elkeen was uitverkoop.