EnvironmentalLocal newsNewsNews

Dries Pienaar groet vir oulaas

'n Mentor en 'n gewaardeerde vriend blaas die aftog teen kanker.

MBOMBELA –  MBOMBELA – Mpumalanga het hierdie naweek ‘n reus in natuurbewaring verloor.

Mnr. Dries Pienaar (58), hoof van CITES by die Mpumalanga Toerisme en Parke-agentskap (MTPA) het sy jarelange stryd teen kanker verloor.

Hy is Sondag vroeg in Mediclinic Nelspruit oorlede.

Daar het gisteroggend ‘n somber atmosfeer by die MTPA se kantore geheers nadat almal van sy afsterwe kennis geneem het.

Hulle was dit eens dat die woorde van die gedig deur Jan F.E. Cilliers, na die heengaan van gen. Christiaan De Wet ook hier ter sprake is: “Stil broers, daar gaan ‘n man verby, hy groet en dit verlaas. Daar’s nog maar één soos hy; bekyk hom goed…”

Pienaar was ‘n boorling van Volksrust en het reeds sedert 1978 by die Transvaalse Provinsiale Administrasie (TPA) as natuurbewaarder gewerk.

Hy het in 1996 vrywillig by die Mpumalanga Parkeraad by die departement van kulturele interpretasie en natuuropvoeding betrokke geraak.

Volgens kollegas by die MTPA het Pienaar siSwati gepraat soos geen Zoeloe dit kon doen nie!

Drie jaar later is hy as bestuurder van al die natuurkampe, lodges en gastehuise by die MTPA aangestel.

Dit was egter na sy aanstelling in 2002, as die provinsiale verteenwoordiger van die Convention on International Trade in Endangered Species of Wild Fauna and Flora (CITES), waar hy regtig naam gemaak het.

Onwrikbaar in sy oortuiging as natuurbewaarder was hy vir navorsing, ondersoeke en die hantering van handelspermitte – onderhewig aan die internasionale voorgeskrewe reëls van CITES – verantwoordelik.

Die MTPA sal Woensdag amptelik hulde aan hom bring tydens ‘n spesiale diens voor sy begrafnis Saterdag.

• Verskeie boodskappe van medelye is op Pienaar se Facebook-blad geplaas:
• Sandra Pretorius: “Rus in vrede Dries! Maar soos ek jou ken gaan jy nie rus nie, maar eers alles wil verken. Jy was ‘n great mentor en ‘n gewaardeerde vriend. Sal altyd onthou hoe jy met jou eerste inspeksie my so laat lag het dat ek jou met ‘n mondvol koffie gespoeg het, muskeljaatkatte in ‘n sementdam gevang en jou grootoog-getrek het omdat ek al wat ‘n apie en bobbejaantjie was, wou red! Tot ons weer sien!”
• Margi Brocklehurst: “RIP my friend and colleague. You will be sorely missed by all who knew you, the world will be a poorer place and our wildlife has lost a true conservationist. My sincere condolences to your family…”
• Marc Cronje: “RIP Dries Pienaar. You are a great man and will be missed by many. Thanks for all the wisdom and laughs. You were an inspiration and great asset to the chimps. Thanks for all you did for them, JGI Chimp Eden and wildlife in SA. RIP sir…”
• Nicci Wright: “I am so saddened by the passing of Dries. The wildlife industry has lost an ethical man who kept the animals’ best interest at heart.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button