Editor's choiceGalleriesLifestyleLocal newsNewsNewsPeopleSchoolsSchools galleries
Kinderland kleuters hou konsert
Kinderland se kleuters het verlede Vrydag behoorlik uitgehaal en gewys tydens hulle jaarlikse konsert by die NG Suid se kerksaal.

LYDENBURG – Kinderland se kleuters het verlede Vrydag behoorlik uitgehaal en gewys tydens hulle jaarlikse konsert by die NG Suid se kerksaal.
Daar was liedjies gesing, voorgedra en gedans op die maat van lekker bekende Afrikaanse liedjies soos Kaptein span die seilie, Die padda wou gaan op sit en vele ander.
Maatjies het selfs tiekie-gedraai en geleentheid gekry om vir mamma, pappa, oupa, ouma en vriende te wys hoe oulik hulle passies kan uitvoer.
Aan die einde van die konsert het elke kleuter ‘n vroeë kersgeskenk gekry. Rapporte is ook uitgedeel en elke kinderlandertjie het waarskynlik vir dié opvoering ‘n A+ gekry.
