EnvironmentalLocal newsNewsNews

Boere vier die begin van ‘n nuwe vennootskap

Die afgelope Donderdag het Onderbergse boere by Noordgrensplaas bymekaar gekom om die vennootskap van Mascor en John Deere in Komatipoort te vier.

KOMATIPOORT – Die afgelope Donderdag het Onderbergse boere by Noordgrensplaas bymekaar gekom om die vennootskap van Mascor en John Deere in Komatipoort te vier.

Dit het gevolg met ‘n groot uitstalling en demonstrasie van John Deere se nuwe implemente. Boere het deeglik van die geleentheid gebruik gemaak om van die items wat op die uitstalling was, aan te koop.

Eben Basson, ‘n plaaslike boer, het met die oog op verhoogde produksie die suikerrietstroper wat gedemonstreer is, bestel. John Deere Suid-Afrika se besturende direkteur, Len Brand het die vieringe saam met Bill Comins (BD Mascor) en Brian Corbishley (BD Plennegy) bygewoon en die geleentheid aangegryp om Mascor en die boeregemeenskap te bedank vir die moeite en harde werk wat in die dag ingegaan het.

Brand het bygesê: “In al my jare saam met John Deere het ek nog nie so ‘n suksesvolle dag beleef nie. Dankie aan ons nuwe vennoot Mascor en aan julle boere. Sonder julle sou ons nie vandag hier gewees het nie. Ons glo dat ons skuif van Agri na Mascor Komatipoort die beste ding was vir ons toekoms hier in die Onderberg. Die verbreking van ons vennootskap met Agri was nie ‘n lelike een nie, maar ‘n belangrike besigheidsbesluit vir John Deere. Ek glo dat ons, Mascor en die gemeenskap se boere ‘n goeie vennootskap in die toekoms sal hê. Soos julle hier kan sien, is hulle bevoeg vir die uitdaging. Ek is al 21 jaar saam met John Deere en is bevooreg om al vir die laaste 10 jaar die besturende direkteur te wees. Die maatskappy het intussen geweldig in verskeie afdelings gegroei, maar die grootste verbetering is onderdele. Die gaping is een waaraan ons hard gewerk het om toe te maak. Op die einde van die dag gaan dit oor bedryfstyd, die toerusting moet loop en werk. John Deere het miljoene dollar bestee aan die konstruksie van ‘n onderdeleverspeidingswerkswinkel naby Johannesburg. Ons is alewig besig om die produk vir ons kliënte beter te bestuur en te onderhou, deur spesialiste op te lei en te gradeer en so ook altyd onderdele te kan voorsien.”

Die dag is met ‘n heerlike aandete en ‘n gelukstrekking afgesluit waarin die boere kleinskaalse modelle van John Deere-trekkers en -stropers kon wen.

Sien meer foto’s hier: Mascor wys boere meer oor John Deere produkte

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button