EnvironmentalLocal newsNewsNews

Reënbuie bring groot verligting in die KNP

SKUKUZA – Reën is goed vir al wat leef in die Nasionale Krugerwildtuin (NKW).

Dit is nie net die verskil tussen lewe en dood vir al die diere nie, maar is ook goed vir die psige van almal wat daar werk.

“Daar is sommer so wip in almal se stap en meeste mense maak grappies en jy hoor heeltyd hoe hulle wat lag,” sê dr. Markus Hofmeyr, die hoofveearts van SANParke.

Hy vertel dat die rooibokke in die park die geboorte van hul lammers vir weke kan uitstel, totdat die natuur meer ontvanklik vir die nuwelinge is.

Rooibokke en lammers in KNP
Rooibokke en lammers in KNP

 

Oral sien jy nou net lammertjies en uit-die-vel-uit bokke van bokspring.

Ander amptenare stem saam met Hofmeyr.

Dr. Danny Govender van wetenskapstudies in die NKW sê: “Niemand sal die verskil wat reën bring verstaan as hulle nie ook droogte en die ontbering wat dit bring ken nie. Reën lig die gees van almal en dis wonderlik om dit te sien!”

Sy voeg by dat sy altyd senuweeagtig tydens donderstorms was, maar sedert haar verbintenis by die wildtuin voel sy heeltemal anders daaroor.

Dis nou soos ‘n wonderwerk.

Selfs genl. Johan Jooste van die beskermingsdienste sê: “Die reën doen ons almal baie goed. Daar is lankmoedigheid en dankbaarheid en dit groei op ons soos mos op ‘n boom in ‘n woud!”

Woordvoerder van die wildtuin, mnr. William Mabasa, reken weer dat dit soos ‘n bevestiging en ‘n belofte van die toekoms is.

Dit versterk ‘n mens se geloof. “Toe die reën begin val, het ek sommer in trane gebars! En dit was nie net ek nie. Van my kollegas het ook met dik stemme probeer praat, maar toe liewer met trane vlak in die oë maar net beduie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button