CrimeHard newsLocal newsNewsNews

Ysingwekkende vee diefstal

Een van die vyf skape was reeds halfpad geslag. Die verdagtes het te voet gevlug.

BURGERSFORT – ‘n Boer van die omgewing, Frans Labuschagne het verlede Woensdagoggend sy skape naby die rivier by Fraaiuitzicht laat wei toe hy besef dat vyf weg is.

“Gewoonlik raak ek nie bekommerd as so ‘n paar skape weg is nie, want hulle het mekaar dalk net gevolg en op ‘n ander plek gaan wei. Ons het hulle tot laat gesoek, maar niks gekry nie,” vertel Labuschagne.

Salie de Jager, Labuschagne se buurman, is ook in kennis gestel om op die uitkyk te wees vir die vermiste skape. ”Laat die Woensdagaand het Salie my gebel en vertel dat daar ‘n bakkie op die De Bad-pad gevind is met skape op. Die twee verdagtes in die bakkie het te voet gevlug nadat ‘n ooggetuie hulle op die pad voorgekeer het,” voeg hy by.

Labuschagne vertel dat een van die vyf skape reeds halfpad geslag op die bakkie gevind is. Die ander was vasgemaak en van die gesteelde skape se ore is afgesny om die merk te verwyder waarmee hy hulle merk. Die manier hoe die verdagtes die skape vasgemaak het dui vir hom aan dat hul beplan het hom die skape te verkoop en nie te slag nie.

“Die gesteelde skape is stoetdiere. Elkeen is om en by R3 500 werd. Ek het die saak aan die polisie gerapporteer en ‘n klag van veediefstal word ondersoek. Hierdie tyd van die jaar verhoog veediefstal gewoonlik,” verduidelik Labuschagne.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button