CrimeHard newsNewsNews

Veearts naby Witrivier vermoor, moontlik verkrag

Me. Rensia de Wet het steekwonde gehad en was halfnaak. Hulle ondersoek dus die moontlikheid dat sy verkrag is

WITRIVIER – Die lyk van ‘n veearts wat werksaam was by Nottinghill Ruitersentrum op die Javerland-pad is gister in haar kothuis op die perseel ontdek.

Volgens brig. Selvy Mohlala, provinsiale polisiewoordvoerder, het me. Rensia de Wet steekwonde gehad en was sy halfnaak. Hulle ondersoek dus die moontlikheid dat sy verkrag is.

“Niemand is nog in verband met die voorval aangekeer nie, maar ons ondersoek die saak,” het hy bygevoeg.

Verskeie boodskappe van medelye is reeds op De Wet se Facebook-profiel geplaas. Ronell Coetzer Oosthuizen het onder andere geskryf: “so hartseer om te hoor van Rensia de Wet se afsterwe. Sterkte aan al haar geliefdes. Sy het in baie van ons se lewens ‘n voetspoor gelos”.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button