Wat is hierdie vreemde plantjie in die tuin?
Ontmoet 'n eetbare onkruid: postelein.

Plaaslike tuiniers woon in gul omstandighede hier in die Laeveld. Druk ‘n plantjie in die grond en dit groei, hoor ‘n mens gereeld.
Dit lei daarna dat vreemde of onbekende plante soms asof uit die niet kop uitsteek in ‘n tuin. En dan is die vraag, “Is dit onkruid wat ek uithaal of kan dit maar bly?”
Soms is die antwoord gekompliseerd. Toe ‘n trianthema portulacastrum onlangs in ‘n leser se pot opkom, het plantkenner Jo Onderstall verduidelik dis ‘n eetbare onkruid. Dit word as ‘n somerslaai beskou en kan geëet word.
Dit word postelein of varkenskos genoem. Wikipedia sê dis deel van die ysplant familie. In Engels word hulle na verwys as horse purslane, black pigweed of giant pigweed.
Mense plant dit graag omdat dit mooi rooi blomme maak, al is dit ‘n onkruid.
