Egpaar gedreig, onwettig uit huis gesit
Die einste Makgogo het Maandag uit die niet opgedaag en die egpaar uit die huis gejaag.
LYDENBURG – “I will kill you, you f*cking boer!” Dit is glo die woorde wat ‘n gesiene sakeman van Steelpoort ‘n egpaar toegesnou het toe hy hulle onwettig uit ‘n huurhuis gesit het.
Dié uitsettingsvoorval het Maandag plaasgevind na mnr. Shikwane Morgan Makgogo, die Morgenson-gastehuis verlede jaar op ‘n Balju-veiling gekoop het.
Die huis is in Augustus verlede jaar op sy naam geregistreer. In die koopooreenkoms is ‘n klousule wat bepaal dat die huurders wat tans in die huis bly, mnr. Theron Verwey en sy vrou Adriana vergoed sal word vir verbeterings wat hulle aangebring het aan die gastehuis.
“My kliënte okkupeer Maasdorpstraat 20, Morgenson gastehuis. Die vorige eienaar het nie die verband betaal nie en die huis is op ‘n openbare veiling verkoop. Makgogo het die huis gekoop. Op die veiling was daar voorgelees dat die Verwey-egpaar retensiereg het vir noodsaaklike verbeterings. Mokgogo het op dieselfde dag vir my gesê dat dit nie ‘n probleem is nie en dat hy sal betaal. Ons het onderhandel en ingestem dat ons sal afkom met die retensie onder voorwaarde dat hulle sal aanhou om teen ‘n goeie prys te huur,” verduidelik plaaslike prokureur, mnr. Derick Heroldt.
Intussen het Heroldt verskeie prokureursbriewe van talle ander prokureurs ontvang wat namens Makgogo optree. Die einste Makgogo het Maandag uit die niet opgedaag en die egpaar uit die huis gejaag.
Lees meer in Vrydag se uitgawe.