CrimeHard newsLocal newsNewsNewsUpdate

Moordverdagte in de Wet-saak blameer wéér apartheid

"Dis apartheid hierdie. Waar kom sy daaraan? Ek was daar. Jy was nie." - Frans Mokoena

MBOMBELA – Frans Mokoena wat beskuldig word van die verkragting van en moord op die veearts dr. Rensia de Wet, wil homself in die hof verdedig en bestempel die saak teen hom as ‘n “apartheidsgemotiveerde sameswering”.

De Wet is op 8 Desember verlede jaar vermoor. Mokoena het Maandag weer in die Nelspruit Streekshof verskyn.

Hy word ook aangekla van die verkragting en poging tot moord op ‘n vrou van Matsafeni op 12 Desember.

Senior staatsadvokaat me. Isabet Erwee het Maandag op rekord geplaas dat Mokoena se betrokkenheid by ‘n moord en verkragting in Ngodwana in Augustus verlede jaar ook ondersoek word. Hierbenewens het die polisie op eMalahleni ook ‘n lasbrief vir sy arrestasie uitgereik.

Hy het al vantevore hier in Mbombela met die reg gebots.

Mokoena is in 2011 aan verkragting skuldig bevind en tot 2019 tronk toe gestuur. Hy is op parool vrygelaat, maar dit is in Januarie vanjaar opgeskort.

Landdroste mnr. Eddie Mabaso van Witrivier Landdroshof en mnr. De Wet Oosthuizen van Nelspruit het die erns hiervan al by Mokoena probeer tuisbring. Mnr. Willie Wilkens het Maandag weer probeer: “Mnr. Mokoena, die aantygings teen u is ernstig en u het die reg tot ‘n prokureur.”

 

Lees ook:

Mokoena’s parole a thing of the past

Mokoena wou aanvanklik hê die bekende strafreg-prokureur mnr. Coert Jordaan moet hom verteenwoordig. Toe wou hy ‘n prokureur van die regshulpraad hê, toe ‘n privaat prokureur en nou het hy aangedui dat hy homself wou verteenwoordig.

“Om te beweer dat ek ‘n prokureur nodig het, is ‘n idee so rég uit die apartheidsera,” het hy geredeneer. Erwee het uitgebrei op die klagtes teen hom. “Dis apartheid hierdie. Waar kom sy daaraan? Ek was daar. Sy was nie. Hoe sal sy hierdie goed weet? Dis alles apartheid hierdie!” het hy herhaardelik laat hoor.

Die saak is tot 4 Mei vir verdere ondersoek uitgestel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button