
Maandag 30 Maart 2015
ELANDSHOEK – Die oud-stasiebevelvoerder van Mbombela Polisiestasie en sy vrou wat Vrydagnag op hul plaas aangeval is, het Laevelder van hul nagmerrie-ondervinding vertel. Laevelder het Saterdag berig dat die paartjie deur ses verdagtes oorval is, waarvan vyf gewapen was. Mnr. Joep Joubert het verskeie snywonde opgedoen.
Joubert en sy vrou, me. Ansie Joubert het vanoggend ‘n onderhoud aan Laevelder-joernalis Johanri Coetzee toegestaan.
Sien foto’s en lees die onderhoud en meer oor die voorval in Laevelder Dinsdag 31 Maart.
Saterdag 28 Maart 2015: Oud-stasiebevelvoerder beseer tydens plaasaanval
ELANDSHOEK – ‘n Oud-stasiebevelvoerder van Mbombela, mnr. Joep Joubert (58) en sy vrou, Ansie (57), is gisteraand deur ses verdagtes op hul plaas in dié omgewing aangeval.
Volgens kapt. Piet Smit van die Ngodwana-polisiestasie was vyf van die verdagtes gewapen.
Hulle het op die vlug geslaan met ‘n Volkswagen Polo.
Die voertuig is reeds teruggevind.
Joubert het verskeie snywonde opgedoen en sy vrou is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.
Die verdagtes is steeds op vrye voet.
Lees in Dinsdag se Laevelder meer van die familie se ontbering.
