MBOMBELA – Victor Wilkens wat aangekla word van poging tot moord op me. Amanda Joubert, se verhoor sal op 31 Augustus begin.
Wilkens(31) is op 16 Januarie verlede jaar gearresteer nadat Joubert (24), sy voormalige meisie, van sy woonstel se balkon geval het.
Sy het by die dood omgedraai en medici is verstom oor haar wonderbaarlike herstel. Laevelder het vroeër berig dat polisie die voorval verder ondersoek het. Hierna is Wilkens in Noupoort, ‘n rehabilitasiesentrum in Colesberg, gearresteer. Hy is na Mbombela gebring waar hy in aanhouding gebly het totdat borg van R3 000 op 3 Maart verlede jaar aan hom toegestaan is.
Die borgtog is Maandag tot Augustus verleng, wanneer die staat se saak ‘n aanvang sal neem.
Wilkens het die Laeveld intussen verruil vir die luukse Silver Lakes Golflandgoed in die ooste van Pretoria.
Lees ook:
Victor Wilkens – staat se saak bevraagteken
Wilkens erken hy is dwelmafhanklik
