Plaasaanvallers nog op vrye voet
"Op dié stadium is die saak baie sensitief."
ELANDSHOEK – Die verdagtes wat verantwoordelik was vir die aanval op mnr. Joep Joubert (58) en sy vrou Ansie (57), is steeds op vrye voet.
Joubert, ‘n oud-stasiebevel- voerder van Mbombela en sy vrou, wat vroeër ‘n kolonel was, is op 27 Maart deur ses mans op hul plaas oorval. Vyf van die ses verdagtes was gewapen.
Die aanvallers het verskeie kere die vuurwapens op die egpaar gerig en die snellers getrek, maar geen skoot het afgegaan nie.
Hulle het met hulle televisiestel, kontant en hondjie, ‘n vier maande oue mopshond (pug) op die vlug geslaan.
Die ondersoekbeampte, sers. David Xhosa, het Dinsdag aan Laevelder gesê dat geen arrestasies tot dusver gemaak is nie.
Die ondersoek duur voort.
“Op dié stadium is die saak baie sensitief en kan geen verdere inligting bekendgemaak word nie,” het hy gesê.
Insetsel: Die aanvallers het die Jouberts se vier maande oue pug saam met hulle geneem.





