Jaarlikse skietdag lok nóg meer deelnemers
Hierdie dag die afgelope paar jaar baie gewild geword en hierdie jaar was daar nog meer mense as tevore. Nuwe gesigte was volop tussen die ou bekendes.
Saterdag was dit weer tyd vir die .303 skietdag wat jaarliks by Dusty Rance net buite die dorp deur Regiment Botha gehou word.
Hierdie dag die afgelope paar jaar baie gewild geword en hierdie jaar was daar nog meer mense as tevore. Nuwe gesigte was volop tussen die ou bekendes en meer pryse as ooit is na afloop van die dag uitgedeel. Die borge is een en elk deur Lt Kol APC Joubert bedank.
Na al die wenners aangewys is, is daar lekker gekuier by die basis se kroeg waar die spitte reeds vroeg al aan die gang was. Die manne en vroue van Regiment Botha kan hulself gerus op die skouer klop na al die harde werk. Almal teenwoordig, oud en jonk, was dit eens dat hulle nie kan wag vir 2016 nie!





























