Editor's choiceLocal newsNewsNews

Amptenare so stil soos die graf oor hoogs twyfelagtige grondeis

Skynbaar het die woord versprei en niemand in Ntsime se kantoor weet glo wat sy e-posbesonderhede is nie.

LYDENBURG – Dit is meer as drie weke sedert Steelburger/Lydenburg Nuus navraag gedoen het rondom ‘n verdagte grondeis op die plaas Modderspruit buite die dorp en steeds is daar geen terugvoer van die Grondeisekommissie in Mbombela nie.

‘n Eis vir dié grond is in 2008 by die grondeisekommissie ingedien waarvolgens die Bakoti-stam glo aanspraak op die plaas maak. Mnr. Jaco du Preez het aan die koerant vertel dat hulle plaas tans die enigste een in die omgewing is wat nog nie deur eisers opgeëis is nie. Wat hom egter laat kopkrap het oor die geldigheid van die eis, is ‘n grafsteen wat drie jaar gelede deur die eisers op ‘n graf aangebring is.

Ene Elija Bhuzani Masilela wat daar begrawe is, is glo in 1814 gebore en het in 1968 gesterf. Masilela was dus 154 jaar oud toe hy gesterf het en daar te ruste gelê is. Nog vreemder is die feit dat die oorspronlike grafsteen langs die nuwe een ontdek is toe die koerant en Du Preez besoek aan die Matusalag van Modderspruit gebring het. Die oorspronklike grafsteen is verwyder en omgekeer, blykbaar om te verhoed dat iemand sal ondersoek instel na die ware Die oorspronlike steen toon aan dat Masilela wel in 1968 dood is, maar geen geboortedatum word aangedui nie.

IMG_7040

Nog vreemder is die feit dat daar twee ander grafte op twee aangrensende plase is van persone wat ook onderskeidelik 168 en 112 jaar oud geword het. Een van dié grafstene is op Du Preez se oupagrootjie se plaas, Bochfontein, opgerig wat in 2008 ook deur die staat onteien is. Ene Martha Makhota Tshehla het wonder bo wonder 168 jaar oud geword. Sy is glo in 1811 gebore en het in 1979 gesterf. Du Preez se voorouers se grafte is ook in die begraafplaas. Daar is geen eisnommer op die eisvorm vir die plaas nie.

Met die koerant se vorig navraag het mnr. Zithini Dlamini van die grondeisekommissie ontvangs bevestig en gesê: “Jou navraag is gestuur aan die hoof van die kommunikasie-eenheid, mnr. Malema Ntsime.” Die koerant het sedertdien verskeie oproepe aan Ntsime gemaak. Hy wil egter nie sy e-posadres verskaf nie glo omdat, “ek jou e-pos het en sal reageer”. Skynbaar het die woord versprei en niemand in Ntsime se kantoor weet glo wat sy e-posbesonderhede is nie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button