Kinders leer die waarde van goeie sportmanskap
Die afgelope Saterdag is klipharde rugby en netbal gespeel toe Laerskool Lydenburg weer hul jaarlikse minisportdag gehou het.
Die afgelope Saterdag is klipharde rugby en netbal gespeel toe Laerskool Lydenburg weer hul jaarlikse minisportdag gehou het.
Vyftien skole het vanjaar daaraan deelgeneem.
Die skool reël die byeenkoms om kinders meer te leer oor rugby en netbal. Al die wedstryde word vriendskaplik gespeel en geen tellings word gehou nie.
Die bulletjies van gr. R tot gr. 2 het mekaar behoorlik die stryd aangesê op die rugbyveld en die dogters van gr. R tot gr. 3 het die doele laat inrol op die netbalbaan. Die hoofborg van die dag was Longtom Nissan.
Die skool wil graag al die ouers en kinders wat die dag saam met hulle geniet het, bedank.
“Dit was ‘n vriendskaplike byeenkoms en het in ‘n goeie gees plaasgevind. Dankie ook vir die borge vir die skenk van groot pryse vir ons papierbordprojek.
Papierborde is op die veld geplaas en elke bord het R10 gekos. Daarna is ‘n gholfbal afgeslaan en het die eienaar van die bord waarop dit land, ‘n prys gewen.”
