
MBOMBELA – ‘n Man is gisteraand op slag dood toe hy met ‘n trok gebots het op die N4 naby die Nelsville verbypad.
Volgens mnr. Greg Fouché van die Mbombela Brandweer het die bestuurder van die vragmotor onwettig ‘n U-draai gemaak toe die ongeluk gebeur het.
Mnr. Willem Swart, van Van Wettens- insleepdienste het bevestig dat die pad vir bykans drie uur gesluit was. Dit was volgens Swart die derde ongeluk wat op dié pad plaasgevind het as gevolg van voertuie wat onwettig U-draaie maak.
Volgens beide Swart en Fouché was die bestuurder van die vragmotor erg getraumatiseerd. Hy is egter ongedeerd.
Laevelder het verder verneem dat die polisie eers ‘n uur en ‘n half na die ongeluk op die toneel opgedaag het.
